Verkiesing van Akademieraad 2023 tot 2026
Stemproses en reëls
- Slegs Volle lede mag stem.
- 'n Lid moet 'n minimum van 6 stemme en kan 'n maksimum van 11 stemme uitbring, maar hoef nie al 11 stemme te gebruik nie.
- Neem asseblief verspreiding van streke (Suidelike, Sentrale en Noordelike Provinsies, asook fakulteite (Geesteswetenskappe en Natuurwetenskappe) in aanmerking wanneer u stem.
- Lede met 'n geldige selfoonnommer of e-posadres kan elektronies stem.
- Lid moet aanteken met 'n lidnommer. Indien u onseker is kontak die Akademie:
- Sodra u aangeteken het, sal u 'n tydelike wagwoord ontvang. U sal die keuse gestel word of u die tydelike wagwoord per SMS of e-pos wil ontvang.
- Belangrik - Lede, tans in die buiteland, se selfoonnommers moet in die regte formaat in die stelsel opgeneem wees.
Die e-pos opsie kan gebruik word, maar kan nie altyd gewaarborg word nie. Indien nie een van die opsies suksesvol werk nie kontak die Akademie vir 'n tydelike wagwoord.
- Die tydelike wagwoord verseker dat u 'n wettige stem kan uitbring.
- Om 'n stem uit te bring klik op Teken aan regs bo in die grys gedeelte.
- Belangrik - Hou u lidnommer byderhand en volg die proses soos verduidelik.
- Indien u onseker is oor die proses of enige navraag het kontak die Akademie -
|